Overview / Oorsig

Riverside Private Hotel word einde 1943 van Mnr. van Deurs (Faan) Eksteen gehuur en in ‘n koshuis vir dogters omskep. April 1945 koop die NG Kerk Riviersonderend kerkraad die gebou en die oop erf daar langsaan. Hulle maak daar ‘n goedingerigte Kerkkoshuis van en begin 1947 word dit geopen.

Riverside Private Hotel was opened at the end of 1943 by Mr. van Deurs (Faan) Eksteen rented and converted into a residence for girls. April 1945 the Dutch Reformed Church Riviersonderend church council buys the building and the open yard next to it. They turned it into a well-appointed Church Residence and it was opened in early 1947.

In ds. GJN Maas se bespreking in November 1958 van die verandering en verbetering van die ou meisieskoshuis om dit in ‘n tehuis vir bejaardes te omskep, aanvaar die kerkraad die inrigting as “die eer van die gemeente”. Vroeg in Februarie 1959 hoor die kerkraad dat op die naam “Overberg Tehuis” vir die plek besluit is. Die toenemende aantal aansoeke vir opname in die tehuis maak die aanmerklike uitbreiding daarvan noodsaaklik. In April 1972 het die aanvang van die nuwe gedeelte van die Overberg Tehuis begin op die oop erf langsaan.

In ds. GJN Maas ‘discussion in November 1958 of changing and improving the old girls’ residence to turn it into a home for the elderly, the church council accepted the institution as “the honor of the congregation”. In early February 1959, the church council heard that the name “Overberg Tehuis” had been decided upon for the place. The increasing number of applications for admission to the home necessitates its substantial expansion. In April 1972, the start of the new section of the Overberg Tehuis began on the open plot next door.

Overberg Tehuis 1972
Overberg Tehuis vir bejaardes met nuwe gedeelte waarmee in April 1972 aanvang gemaak is. (uit Ned. Geref. Kerk Riviersonderend 1922-1972)
Overberg Tehuis for the elderly with a new section which was started in April 1972. (from Ned. Ref. Church Riviersonderend 1922-1972)

Volgens titel akte T30508 van 1982 gedateer 18 Augustus 1982 word erwe 448 en 20 saamgesmelt en voortaan as erf 502 Riviersonderend bekend bedryf. Dit gee vir Overberg Tehuis die kapasiteit van 3,966 vierrkante meter grond.

According to the title deed T30508 of 1982 dated 18 August 1982, erven 448 and 20 will be merged and henceforth known as erf 502 Riviersonderend. This gives Overberg Tehuis the capacity of 3,966 square meters of land.

30 Augustus 1982 word die bou aansoek ingedien om die Overberg Tehuis te vergroot. Teen 1986 is daar begin met die sloping van Goodyearhuis en is daar gehoop dat die uitbreidingsprojek by die Tehuis eersdaags ‘n aanvang sou neem. Ongelukkig is dit in die tydperk wat bouprojekte afgeskaal is en kon Ds. Pretorius in Augustus 1990 die kerkraad meedeel dat daar nie voortgegaan kon word nie. Die Kerkraad het toe besluit dat die planne hersien moes word en dat die ou deel van die Tehuis wat reeds bouvallig was gesloop en in die plek daarvan ‘n enkelvlak gebou opgerig moet word. Dit moes voorsiening maak vir behoorlike akkommodasie vir personeel, ‘n ontspanningslokaal vir die inwoners, akkommodasie vir dieselfde getal bejaardes as wat in die ou deel gehuisves is, asook voldoende fasiliteite vir verswakte bejaardes. April 1992 word daar begin met die bouwerk nadat goedkeuring verkry is en brief ontvang is vanaf GHBM (22/04/92)

30 August 1982 the building application is submitted to enlarge the Overberg Tehuis. By 1986, the demolition of Goodyear House had begun and it was hoped that the expansion project at the Home would begin soon. Unfortunately, it was during this period that building projects were scaled down and Rev. Pretorius informed the church council in August 1990 that no action could be taken. The Church Council then decided that the plans should be reviewed and that the old part of the Home that was already dilapidated should be demolished and a single-storey building should be erected in its place. It had to provide for proper accommodation for staff, a recreation room for the residents, accommodation for the same number of elderly people as was housed in the old part, as well as adequate facilities for frail elderly people. April 1992 the building work begins after approval has been obtained and a letter has been received from GHBM (22/04/92)

Aanskou die Rots NG Riviersonderend deur Dr. Joan Prins
Die voltooide nuwe deel van Overberg Tehuis (Uit Aanskou die Rots, Nederduitse Gereformeerde Gemeente Riviersonderend deur Dr. Joan Prins)
The completed new part of Overberg Tehuis (From Aanskou die Rots, Dutch Reformed Congregation Riviersonderend by Dr. Joan Prins)

16 Junie 1994 is aansoek gedoen om die eerste Woonstel aan te bou.

June 16, 1994, an application was made to build the first Apartment.

In 2013 is begin met die beplanning om ‘n braai area en afdak tussen die kombuis en waskamer aan te bring en nog drie woonstelle aan te bou, November 2014 is die planne ingedien vir goedkeuring. Desember 2014 is die konsep planne om die buitegeboue te omskep in woonstelle en die braai area te doen ingedien. Januarie 2015 is die kontrak met die boukontrakteur geteken en kon die sloping van die ou buitegeboue en die bouwerk begin.

In 2013, planning began to install a braai area and canopy between the kitchen and laundry room and to build three more apartments, November 2014 the plans were submitted for approval. In December 2014, the draft plans to convert the outbuildings into apartments and to do the braai area were submitted. In January 2015, the contract with the building contractor was signed and the demolition of the old outbuildings and the construction work could begin.

Overberg Tehuis is tans geregistreer om 40 inwoners binne die Tehuis te huisves in nege en twintig (29) enkel kamers, vyf (5) dubbel kamers en een (1) noodkamer. Hierdie akkommodasie sluit in drie (3) maaltye per dag, wasgoed, skoonmaakdiens, water, elektrisiteit en 24 uur mediese sorg en bystand. Gedeelde badkamer/toilet geriewe is beskikbaar op elke gang, geen van die kamers het eie geriewe nie, elke kamer is wel toegerus met ‘n gesig/hand wasbak.

Overberg Tehuis is currently registered to accommodate 40 residents within the Tehuis in twenty-nine (29) single rooms, five (5) double rooms and one (1) emergency room. This accommodation includes three (3) meals a day, laundry, cleaning service, water, electricity and 24 hour medical care and assistance. Shared bathroom / toilet facilities are available in each corridor, none of the rooms have their own facilities, each room is equipped with a face / hand basin.

Ons het ook ses (6) selfsorg woonstelle op die perseel waar ons middag ete verskaf asook moniteering van gesondheid drie keer per week en indien kronies/voorskrif medikasie nodig is word dit deur verpleeg personeel hanteer op daaglikse basis.

We also have six (6) self-catering apartments on the premises where we provide lunch as well as health monitoring three times a week and if chronic / prescription medication is needed it is handled by nursing staff on a daily basis.

Terms of Use