Tans Beskikbaar

Ons het 3 x Beddens in Enkelkamers oop en 3 x Woonstelle

Currently Available

We have 3 x Beds in Single Rooms open and 3 x Flatlets

Wees net bewus daarvan dat die persoon reeds 60 jaar oud of ouer moet wees en dat ons geen Alzheimer- of Dementia-pasiënte of pasiënte kan neem wat binneaarse terapie/drup of voedingsbuis moet kry nie.

Just be aware that the person must be 60 years old already or older and that we are unable to take any Alzheimer or Dementia patients or patients that require to have Intravenous therapy/Drip or feeding tube.

Ons word slegs gesubsidieer vir 22 beddens uit die 39 beskikbare, aansoekers sal op ‘n waglys gaan vir ‘n gesubsidieerde bed om oop te maak. Vorms moet voltooi word, ons kan slegs voltooide vorms wat ontvang is waglys.

U kwalifiseer slegs vir subsidie as u inkomste laer as R2599.00 is en u nie meer selfversorgend is nie (slegs Tehuis akkomodasie, die Woonstelle is uitgesluit).

U moet ook bewus wees dat indien ‘n Inwoner vir Staatsubsidie kwalifiseer, die verskil steeds deur die familie betaalbaar is. Die staatsubsidie is afhanklik van die gradering wat ‘n Inwoner op die keuringsertifikaat kry. Indien die persoon ‘n A2 is, kom die persoon in aanmerking vir R 1,014.00 subsidie per maand, indien die persoon ‘n A3 is, kom die persoon in aanmerking vir R 4,000 subsidie. A2 is semi-selfsorg en A3 is van ons afhanklik vir sorg. Ons neem die persoon se SASSA plus subsidie vir losies en dan betaal die familie die verskil.

Mediese dienste behels 24 uur versorging van die indiwidu met ‘n Profesionele Verpleegkundige aan diens en versorgers.

  • Wees bedag daarop dat ons nie ‘n hospitaal is nie en dat mediese sorg basies en beperk is.
  • Staats Dokter besoek die Tehuis een keer ‘n maand, staats ambulans is beskikbaar en pasiente word Caledon Hospitaal toe geneem. Daar is ook ‘n Kliniek op die dorp.
  • Privaat dokters doen Tehuis besoeke indien nodig en maak gebruik van Privaat Ambulans dienste (CMC/ER24) na Hermanus MediClinic / Vergelegen MediClinic in Somerset Wes.
  • Ons het Stipp Apteek op die dorp vir voorskrifte, ens.
  • Inwoners se Medikasie word deur die Suster aan diens uitgereik.

Geestelike versorging: ‘n Biduur word een keer per week aangebied. Sondae oggende is daar ‘n uitsending vanaf die plaaslike N.G. Kerk of die Inwoner kan die diens in die kerk bywoon

We are only subsidized for 22 beds out of the 39 available, applicants will go on a waiting list for a subsidized bed to open. Forms must be completed, we can only waitlist completed forms that have been received.

You only qualify for subsidy if your income is lower than R2599.00 and you are no longer self-sufficient (only Tehuis accommodation, the Flatlets are excluded).

You should also be aware that if a Resident qualifies for State subsidy, the difference is still payable by the family. The State subsidy is dependent on the rating a Resident gets on the Selection Certificate. If the person is an A2, the person is eligible for R 1,014.00 subsidy per month, if the person is an A3, the person is eligible for R 4,000 subsidy. A2 is semi self-caring and A3 is dependent on us for care. We take the person’s SASSA plus subsidy for lodgings and then the family pays the difference.

Medical services involve 24 hour care of the individual with a Professional Nurse on duty and caregivers.

  • Be mindful that we are not a hospital and that medical care is basic and limited.
  • State Doctor visits the Home once a month, state ambulance is available and patients are taken to Caledon Hospital. There is also a Clinic in town.
  • Private doctors make Home visits if necessary and make use of Private Ambulance Services (CMC) to Hermanus MediClinic / Vergelegen MediClinic in Somerset West.
  • We have Stipp Pharmacy in town for prescriptions, etc.
  • Residents’ Medication is issued by the Sister on duty.

Spiritual Care: A Prayer Meeting is offered once a week. On Sunday mornings there is a broadcast from the local N.G. Church or you can attend the service at the church.

Woonstelle (x6)
R 12,400.00 per maand – 1 Persoon
R 15,000.00 per maand – Egpaar
(Water & Elektrisiteit, Middagete en wasgoed ingesluit in tarief)

Flatlets (x6)
R 12,400.00 per month – 1 Person
R 15,000.00 per month – Couple
(Water & Electricity, Lunch and laundry included in tariff)

Kamers
4 x Enkel (Noord) – R 12,100.00 per maand
1 x Enkel (Bo) – R 12,100.00 per maand
26 x Enkel – R 11,550.00 per maand
4 x Dubbel (Deel) – R 11,050.00 per persoon, per maand

Rooms
4 x Single (North) – R 12,100.00 per month
1 x Single (Top) – R 12,100.00 per month
26 x Singel – R 11,550.00 per month
4 x Double (Sharing) – R 11,050.00 per person, per month

  • Sluit 3 Etes, Wasgoed en Skoonmaakdiens, Water & Elektrisiteit plus 24 uur Sorg en bystand in.
  • Medisyne en doeke uitgesluit.
  • Nota: Alle kamers het ‘n gesigwasbak en dubbel hangkas, badkamer geriewe word gedeel en is appart in gang.
  • Eie meubels kan gebruik word of ons kan ‘n enkelbed, matras, stoel, tafel en bedkassie voorsien (ingesluit by die tarief).
  • Include 3 Meals, Laundry and Cleaning Services, Water & Electricity plus 24 hour Care
  • Medication and diapers excluded.
  • Note: All rooms have a face washbasin and double wardrobe, bathroom facilities are shared and are separate in hallway.
  • Own furniture can be used or we can provide a single bed, mattress, chair, table and bedside table (included in the rate).

Ander
Motorhuis – R 587.00 per maand
Respytsorg – R 550.00 per dag (Buitepersone) R 450.00 per dag (Inwoners)

Etes (Wegneem / Besoekers)
Maandag – Saterdag – R 65.00 per dag (Middag ete), met poeding R 70.00
Sondag – R 75.00 (Middag ete)

Other
Garage – R 587.00 per month
Respite Care – R 550.00 per day (non-residents) R 450.00 per day (residents)

Meals (Takeaway / Visitors)
Monday – Saturday – R 65.00 per day (Lunch), with pudding R 70.00
Sunday – R 75.00 (Lunch)

Aansoek Vorms / Application Forms

Indien die aansoekvorm korrek en volledig ingevul word, sal baie tyd en moeite gespaar word.

If the application form is filled out correctly and complete, it ensures a fast and efficient process.

Die vorms word na voltooiing na Departement Maatskaplike Ontwikkeling te Caledon gestuur vir keuring, waarna u of op die waglys geplaas of opgeneem word. Indien u navrae het, skakel die kantoor by 028 261 1230 tussen 08:00 en 17:00 weeksdae.

The completed reports are sent to the Department of Social Development in Caledon for approval, after which you are placed on a waiting list or admitted. If you have any enquiries, contact the office at 028 261 1230 between 08:00 and 17:00 weekdays.

Bespreek nou jou verblyf in een van die 50 Badisa-woongeriewe

Besoek ons nuwe aanlyn akkommodasie- en waglysstelsel vir navrae en aansoeke vir verblyf in ons residensiële fasiliteite vir ouer persone en persone met gestremdhede. Dit is maklik om te gebruik, doeltreffend en alle inligting is vertroulik volgens die POPI-wet.

Book now your accommodation in one of the 50 Badisa residential facilities

Visit our new online accommodation and waiting list system for inquiries and applications for accommodation in our residential facilities for older persons and persons with disability. It is easy to use, effective and all information is confidential according to the POPI Act.

Terms of Use



Scroll to Top