GHOLFDAG / GOLF DAY

GHOLFDAG TEN BATE VAN OVERBERG TEHUIS

Ons jaarlikse Gholfdag is ’n hoogtepunt op ons kalender en maak elke jaar ’n tasbare verskil in die lewens van die Inwoners en Personeel van Overberg Tehuis. Met groot opgewondenheid nooi ons u om deel te wees van hierdie besondere dag wat plaasvind op 5 Desember 2026.

Ons hoop om vanjaar nóg groter sukses te behaal en saam met ons spelers, borge en ondersteuners ’n onvergeetlike dag te beleef.

Die dag word aangebied as ’n 4 Bal Alliansie (twee tellings wat tel) by die Riviersonderend Gholfklub.

Inskrywings sluit die volgende in: Heerlike ontbyt, Middagete, ’n Gewilde “natgat”, Prysuitdeling met aandete en Veiling met interessante items

Ons mik om ongeveer 22 spanne (ongeveer 100 spelers) te verwelkom. Die inskrywingsfooi is R 4,000 per 4-bal span.

Hoe kan u betrokke raak? Ons doen ’n vriendelike beroep op u ondersteuning deur middel van:

  • Spanborgskappe
  • Pryse vir spelers (vier van elk)
  • Items vir die veiling
  • Individuele penprys borgskappe
  • Bydraes vir die ete tydens die prysuitdeling
  • Verwelkomingspakkies vir spelers (bv. water, lekkers, penne, notaboekies, promosie materiaal, ens.)

Daar is ook drie putjies beskikbaar vir bemarkingsstalletjies, waarvan een die gewilde “Nat Gat” is – ’n uitstekende geleentheid om u besigheid blootstelling te gee.

Kontant donasies

Kontant skenkings kan gemaak word aan: Overberg Tehuis, ABSA Bank – Tjekrekening, Takkode: 632 005, Rek nr: 404 968 3510

Ons kan vir u of u besigheid ’n Artikel 18A-kwitansie uitreik vir belastingdoeleindes ten opsigte van kontant skenkings.

Elke vorm van ondersteuning, groot of klein, maak ’n werklike verskil en word met opregte dankbaarheid ontvang.

Kontak vir reëlings André / Kinnie by 📞 028 261 1230 of 📱 071 281 8606 (WhatsApp)

By voorbaat baie dankie vir u goedhartige ondersteuning.

Tehuisgroete

GOLF DAY IN AID OF OVERBERG TEHUIS

Our annual Golf Day is a highlight on our calendar and makes a tangible difference each year in the lives of the Residents and Staff of Overberg Tehuis. With great excitement, we invite you to be part of this special day taking place on 5 December 2026.

We hope to make this year an even greater success and to enjoy an unforgettable day together with our players, sponsors, and supporters.

The day will be played as a 4-Ball Alliance (two scores to count) at the Riviersonderend Golf Club.

Entries include the following: A delicious breakfast, lunch, a popular “water hole”, prize-giving and dinner, and an auction with interesting items.

We aim to welcome approximately 22 teams (around 100 players). The entry fee is R 4,000 per 4-ball team.

How can you get involved? We kindly appeal for your support through:

  • Team sponsorship
  • Prizes for players (four of each)
  • Items for the auction
  • Individual hole prize sponsorships
  • Contributions towards the meal during the prize-giving
  • Welcome packs for players (e.g. water, sweets, pens, notebooks, promotional material, etc.)

There are also three holes available for marketing stalls, one of which is the popular “Water Hole” – an excellent opportunity to give your business exposure.

Cash Donations can be made to: Overberg Tehuis, ABSA Bank – Cheque Account, Branch Code: 632 005, Account No: 404 968 3510

We can issue you or your business with a Section 18A receipt for tax purposes in respect of cash donations.

Any form of support, big or small, makes a real difference and is received with sincere gratitude.

Contact for arrangements Please contact André / Kinnie at 📞 028 261 1230 or 📱 071 281 8606 (WhatsApp)

Thank you in advance for your kind support.

Tehuis greetings

Shop

Home

5 Desember 2026 / 5 December 2026

Kom geniet ‘n rustige aftrede met plattelandse atmosfeer hier in die Overberg.

Overberg Tehuis is alombekend vir sy rustige huislike atmosfeer, waar die welwees van ons inwoners vir ons baie belangrik is en persoongerigte versorging uitgeleef word.

Overberg Tehuis “Sowaar ‘n Tehuis met ‘n Verskil”

VISIE

OMGEE SONDER END
Die bevordering van aktiewe en menswaardige veroudering.

MISSIE

Voorsiening van ‘n Christelike Tuiste met volle versorging aan alle verswakte en sorgbehoewende ouer persone in die gemeenskap deur gelukkige en tevrede personeel.

Ouer persone word ondersteun om as deel van die samelewing kwaliteit lewens te lei en om hul menswaardigheid te behou.

WAARDES

Toewyding om te dien: Aan mense in nood, relevant, bekostigbaar, nie-diskriminerend (ras, geslag, godsdienstige affiliasie)

Geregtigheid: Regverdigheid; waardigheid; vermy alle vorme van diskriminasie

Uitnemendheid: Die allerbeste diens aan die verbruiker/kliënt; kwaliteit; dienste relevant, volhoubaar en effektief is; spanwerk; doeltreffende kommunikasie

Rentmeesterskap (aanspreeklikheid): Verantwoordelik; eerlik; persoonlike aanspreeklikheid; integriteit

‘n Samelewing wat sy ouer mense nie waardeer nie, ontken sy wortels (herkoms) en stel sy toekoms in gevaar. Kom ons streef daarna om hul vermoë te verbeter om hulself so lank as moontlik te onderhou en, wanneer hulle dit nie meer kan doen nie, om vir hulle te sorg.

Nelson Mandela

Ons is ‘n geregistreerde NPO (NPO 011-891) en Openbare Weldaadsorganisasie (930006348), ‘n program/diens van Badisa; ‘n ouetehuis in Riviersonderend.

Ons is geregistreer vir 40. Ons het tans 38 inwoners, met 23 wat nie die volle maandelikse koste kan bekostig nie en deur fondsinsameling gesubsidieer word. Ons het ook vyf gestremde persone wat spesiale sorg benodig.

Ons het 31 enkelkamers en 4 dubbelkamers. Ons het ook 6 woonstelle wat onafhanklik woon. Ons berei maaltye vir alle inwoners voor, met ‘n maksimum kapasiteit van 52 en personeelkomplimente van 32.

Come and enjoy a peaceful retirement with country atmosphere here in the Overberg.

Overberg Tehuis is well-known for its peaceful homely atmosphere, where the well-being of our residents is very important to us and person-oriented care is experienced.

Overberg Tehuis “Truly a Tehuis with a Difference”

VISION

CARING WITHOUT END
Promoting active and dignified ageing.

MISSION

Provision of a Christian Home with full care to all frail and needy older persons in the community by happy and satisfied staff.

Older persons are supported to lead quality lives as part of society and to maintain their human dignity.

VALUES

Commitment to serve: To people in need, relevant, affordable, non-discriminatory (race, gender, religious affiliation)

Justice: Fairness; dignity; avoid all forms of discrimination

Excellence: The very best service to the consumer / client; quality; services are relevant, sustainable and effective; teamwork; effective communication

Stewardship (accountability): Responsible; honest; personal accountability; integrity

A society that does not value its elders denies its roots (origin) and endangers its future. Let us strive to improve their ability to support themselves as long as possible and, when they can no longer do so, to take care of them.

Nelson Mandela

We are a registered NPO (NPO 011-891) and Public Benefit Organisation (930006348), a programme/service of Badisa; an old age home in Riviersonderend.

We are registered for 40. We currently have 38 residents, with 23 who cannot afford the full monthly cost and are subsidized through fundraising. We also have five disabled persons who require special care.

We have 31 single rooms and 4 double rooms. We also have 6 flatlets that are independent living. We prepare meals for all residents, with a maximum capacity of 52 and staff compliment of 32.

Overview / Oorsig

Riverside Private Hotel word einde 1943 van Mnr. van Deurs (Faan) Eksteen gehuur en in ‘n koshuis vir dogters omskep. April 1945 koop die NG Kerk Riviersonderend kerkraad die gebou en die oop erf daar langsaan. Hulle maak daar ‘n goedingerigte Kerkkoshuis van en begin 1947 word dit geopen.

In ds. GJN Maas se bespreking in November 1958 van die verandering en verbetering van die ou meisieskoshuis om dit in ‘n tehuis vir bejaardes te omskep, aanvaar die kerkraad die inrigting as “die eer van die gemeente”. Vroeg in Februarie 1959 hoor die kerkraad dat op die naam “Overberg Tehuis” vir die plek besluit is. Die toenemende aantal aansoeke vir opname in die tehuis maak die aanmerklike uitbreiding daarvan noodsaaklik. In April 1972 het die aanvang van die nuwe gedeelte van die Overberg Tehuis begin op die oop erf langsaan.

Riverside Private Hotel was opened at the end of 1943 by Mr. van Deurs (Faan) Eksteen rented and converted into a residence for girls. April 1945 the Dutch Reformed Church Riviersonderend church council buys the building and the open yard next to it. They turned it into a well-appointed Church Residence and it was opened in early 1947.

In ds. GJN Maas ‘discussion in November 1958 of changing and improving the old girls’ residence to turn it into a home for the elderly, the church council accepted the institution as “the honor of the congregation”. In early February 1959, the church council heard that the name “Overberg Tehuis” had been decided upon for the place. The increasing number of applications for admission to the home necessitates its substantial expansion. In April 1972, the start of the new section of the Overberg Tehuis began on the open plot next door.

Overberg Tehuis 1972
Overberg Tehuis vir bejaardes met nuwe gedeelte waarmee in April 1972 aanvang gemaak is. (uit Ned. Geref. Kerk Riviersonderend 1922-1972)
Overberg Tehuis for the elderly with a new section which was started in April 1972. (from Ned. Ref. Church Riviersonderend 1922-1972)

Volgens titel akte T30508 van 1982 gedateer 18 Augustus 1982 word erwe 448 en 20 saamgesmelt en voortaan as erf 502 Riviersonderend bekend bedryf. Dit gee vir Overberg Tehuis die kapasiteit van 3,966 vierrkante meter grond.

30 Augustus 1982 word die bou aansoek ingedien om die Overberg Tehuis te vergroot. Teen 1986 is daar begin met die sloping van Goodyearhuis en is daar gehoop dat die uitbreidingsprojek by die Tehuis eersdaags ‘n aanvang sou neem. Ongelukkig is dit in die tydperk wat bouprojekte afgeskaal is en kon Ds. Pretorius in Augustus 1990 die kerkraad meedeel dat daar nie voortgegaan kon word nie. Die Kerkraad het toe besluit dat die planne hersien moes word en dat die ou deel van die Tehuis wat reeds bouvallig was gesloop en in die plek daarvan ‘n enkelvlak gebou opgerig moet word. Dit moes voorsiening maak vir behoorlike akkommodasie vir personeel, ‘n ontspanningslokaal vir die inwoners, akkommodasie vir dieselfde getal bejaardes as wat in die ou deel gehuisves is, asook voldoende fasiliteite vir verswakte bejaardes. April 1992 word daar begin met die bouwerk nadat goedkeuring verkry is en brief ontvang is vanaf GHBM (22/04/92)

According to the title deed T30508 of 1982 dated 18 August 1982, erven 448 and 20 will be merged and henceforth known as erf 502 Riviersonderend. This gives Overberg Tehuis the capacity of 3,966 square meters of land.

30 August 1982 the building application is submitted to enlarge the Overberg Tehuis. By 1986, the demolition of Goodyear House had begun and it was hoped that the expansion project at the Home would begin soon. Unfortunately, it was during this period that building projects were scaled down and Rev. Pretorius informed the church council in August 1990 that no action could be taken. The Church Council then decided that the plans should be reviewed and that the old part of the Home that was already dilapidated should be demolished and a single-storey building should be erected in its place. It had to provide for proper accommodation for staff, a recreation room for the residents, accommodation for the same number of elderly people as was housed in the old part, as well as adequate facilities for frail elderly people. April 1992 the building work begins after approval has been obtained and a letter has been received from GHBM (22/04/92)

Aanskou die Rots NG Riviersonderend deur Dr. Joan Prins
Die voltooide nuwe deel van Overberg Tehuis (Uit Aanskou die Rots, Nederduitse Gereformeerde Gemeente Riviersonderend deur Dr. Joan Prins)
The completed new part of Overberg Tehuis (From Aanskou die Rots, Dutch Reformed Congregation Riviersonderend by Dr. Joan Prins)

16 Junie 1994 is aansoek gedoen om die eerste Woonstel aan te bou.

In 2013 is begin met die beplanning om ‘n braai area en afdak tussen die kombuis en waskamer aan te bring en nog drie woonstelle aan te bou, November 2014 is die planne ingedien vir goedkeuring. Desember 2014 is die konsep planne om die buitegeboue te omskep in woonstelle en die braai area te doen ingedien. Januarie 2015 is die kontrak met die boukontrakteur geteken en kon die sloping van die ou buitegeboue begin en 13 Maart 2015 is die goedkeuring ontvang en die bouwerk kon begin.

Overberg Tehuis is tans geregistreer om 40 inwoners binne die Tehuis te huisves in nege en twintig (29) enkel kamers, vyf (5) dubbel kamers en een (1) noodkamer. Hierdie akkommodasie sluit in drie (3) maaltye per dag, wasgoed, skoonmaakdiens, water, elektrisiteit en 24 uur mediese sorg en bystand. Gedeelde badkamer/toilet geriewe is beskikbaar op elke gang, geen van die kamers het eie geriewe nie, elke kamer is wel toegerus met ‘n gesig/hand wasbak.

Ons het ook ses (6) selfsorg woonstelle op die perseel waar ons middag ete verskaf asook moniteering van gesondheid drie keer per week en indien kronies/voorskrif medikasie nodig is word dit deur verpleeg personeel hanteer op daaglikse basis.

June 16, 1994, an application was made to build the first Apartment.

In 2013, planning began to install a braai area and canopy between the kitchen and laundry room and to build three more apartments, November 2014 the plans were submitted for approval. In December 2014, the draft plans to convert the outbuildings into apartments and to do the braai area were submitted. In January 2015, the contract with the building contractor was signed and the demolition of the old outbuildings could begin and approval for the the construction was received 13 March 2015 and work could begin.

Overberg Tehuis is currently registered to accommodate 40 residents within the Tehuis in twenty-nine (29) single rooms, five (5) double rooms and one (1) emergency room. This accommodation includes three (3) meals a day, laundry, cleaning service, water, electricity and 24 hour medical care and assistance. Shared bathroom / toilet facilities are available in each corridor, none of the rooms have their own facilities, each room is equipped with a face / hand basin.

We also have six (6) self-catering apartments on the premises where we provide lunch as well as health monitoring three times a week and if chronic / prescription medication is needed it is handled by nursing staff on a daily basis.

Terms of Use

Legal

Contact Us

40 De La Vigne Street
Riviersonderend
7250

Telephone: 028 261 1230 / 028 261 1231

WhatsApp +27 (0)71 281 8606
Email: info@overbergtehuis.co.za

Beheerraad Ampsdraers / Governing Board Office Bearers

Ds Francois Gouws – Voorsitter/Chairperson

Elsabé Eksteen – Ondervoorsitter/Vice Chairperson

Christo Groenewald – Tesourier / Treasurer

Die Bestuur Span / The Managing Team

André Potgieter
Bestuurder
bestuurder@overbergtehuis.co.za

Kinnie Matthysen
Administratiewe Beampte/Boekhouer
admin@overbergtehuis.co.za / boekhouer@overbergtehuis.co.za

Lamees Blom
Voedseldiensbestuurder
voedseldiensbestuurder@overbergtehuis.co.za

WhatsApp: +27 71 771 4268

Maritha van der Wal
Geregistreerde Verpleegkundige
versorging@overbergtehuis.co.za

WhatsApp: +27 74 826 4161

This field is required.
This field is required.
This field is required.

Terms of Use



Accommodation

Tans Beskikbaar

Ons het 2 x Beddens in Enkelkamers oop

Currently Available

We have 2 x Beds in Single Rooms

Wees net bewus daarvan dat die persoon reeds 60 jaar oud of ouer moet wees en dat ons geen Alzheimer- of Dementia-pasiënte of pasiënte kan neem wat binneaarse terapie/drup of voedingsbuis moet kry nie.

Just be aware that the person must be 60 years old already or older and that we are unable to take any Alzheimer or Dementia patients or patients that require to have Intravenous therapy/Drip or feeding tube.

Ons word slegs gesubsidieer vir 23 beddens uit die 39 beskikbare, aansoekers sal op ‘n waglys gaan vir ‘n gesubsidieerde bed om oop te maak. Vorms moet voltooi word, ons kan slegs voltooide vorms wat ontvang is waglys.

U kwalifiseer slegs vir subsidie as u inkomste laer as R 2,699.00 is (slegs Tehuis akkomodasie, die Woonstelle is uitgesluit).

U moet ook bewus wees dat indien ‘n Inwoner vir Staatsubsidie kwalifiseer, die verskil steeds deur die familie betaalbaar is. Die staatsubsidie is afhanklik van die gradering wat ‘n Inwoner op die keuringsertifikaat kry. Indien die persoon ‘n A1 of A2 is, kom die persoon in aanmerking vir R 1,500.00 subsidie per maand, indien die persoon ‘n A3 is, kom die persoon in aanmerking vir R 4,000.00 subsidie. A1 is self-versorgend (1-Bed: gevul), A2 is semi-selfsorg (2-Beddens: gevul) en A3 is van ons afhanklik vir sorg (20-Beddens: gevul). Ons neem die persoon se SASSA plus subsidie vir losies en dan betaal die familie die verskil.

Mediese dienste behels 24 uur versorging van die indiwidu met ‘n Profesionele Verpleegkundige aan diens en versorgers.

  • Wees bedag daarop dat ons nie ‘n hospitaal is nie en dat mediese sorg basies en beperk is.
  • Staats Dokter besoek die Tehuis een keer ‘n maand, staats ambulans is beskikbaar en pasiente word Caledon Hospitaal toe geneem. Daar is ook ‘n Kliniek op die dorp.
  • Privaat dokters doen Tehuis besoeke indien nodig en maak gebruik van Privaat Ambulans dienste (CMC/ER24) na Hermanus MediClinic / Vergelegen MediClinic in Somerset Wes.
  • Ons het Stipp Apteek op die dorp vir voorskrifte, ens.
  • Inwoners se Medikasie word deur die Suster aan diens uitgereik.

Geestelike versorging: ‘n Biduur word een keer per week aangebied. Sondae oggende is daar ‘n uitsending vanaf die plaaslike N.G. Kerk of die Inwoner kan die diens in die kerk bywoon

We are only subsidized for 23 beds out of the 39 available, applicants will go on a waiting list for a subsidized bed to open. Forms must be completed, we can only waitlist completed forms that have been received.

You only qualify for subsidy if your income is lower than R 2,699.00 (only Tehuis accommodation, the Flatlets are excluded).

You should also be aware that if a resident qualifies for a government subsidy, the shortfall remains payable by the family. The subsidy is determined by the grading the resident receives on their assessment certificate. If the person is graded A1 or A2, they qualify for a subsidy of R1,500.00 per month. If the person is graded A3, they qualify for a subsidy of R4,000.00 per month. An A1 resident is fully independent (1-bed: occupied), an A2 resident is semi-independent (2-beds: occupied), and an A3 resident is fully dependent on our care (20-beds: occupied). We allocate the resident’s SASSA income together with the subsidy towards accommodation, and the family is responsible for paying the outstanding balance.

Medical services involve 24 hour care of the individual with a Professional Nurse on duty and caregivers.

  • Be mindful that we are not a hospital and that medical care is basic and limited.
  • State Doctor visits the Home once a month, state ambulance is available and patients are taken to Caledon Hospital. There is also a Clinic in town.
  • Private doctors make Home visits if necessary and make use of Private Ambulance Services (CMC) to Hermanus MediClinic / Vergelegen MediClinic in Somerset West.
  • We have Stipp Pharmacy in town for prescriptions, etc.
  • Residents’ Medication is issued by the Sister on duty.

Spiritual Care: A Prayer Meeting is offered once a week. On Sunday mornings there is a broadcast from the local N.G. Church or you can attend the service at the church.

Woonstelle (x6)
R 12,400.00 per maand – 1 Persoon
R 15,000.00 per maand – Egpaar
(Water & Elektrisiteit, Middagete en wasgoed ingesluit in tarief)

Flatlets (x6)
R 12,400.00 per month – 1 Person
R 15,000.00 per month – Couple
(Water & Electricity, Lunch and laundry included in tariff)

Kamers
4 x Enkel (Noord) – R 12,100.00 per maand
1 x Enkel (Bo) – R 12,100.00 per maand
26 x Enkel – R 11,550.00 per maand
4 x Dubbel (Deel) – R 11,050.00 per persoon, per maand

Rooms
4 x Single (North) – R 12,100.00 per month
1 x Single (Top) – R 12,100.00 per month
26 x Singel – R 11,550.00 per month
4 x Double (Sharing) – R 11,050.00 per person, per month

  • Sluit 3 Etes, Wasgoed en Skoonmaakdiens, Water & Elektrisiteit plus 24 uur Sorg en bystand in.
  • Medisyne en doeke uitgesluit.
  • Nota: Alle kamers het ‘n gesigwasbak en dubbel hangkas, badkamer geriewe word gedeel en is appart in gang.
  • Eie meubels kan gebruik word of ons kan ‘n enkelbed, matras, stoel, tafel en bedkassie voorsien (ingesluit by die tarief).
  • Include 3 Meals, Laundry and Cleaning Services, Water & Electricity plus 24 hour Care
  • Medication and diapers excluded.
  • Note: All rooms have a face washbasin and double wardrobe, bathroom facilities are shared and are separate in hallway.
  • Own furniture can be used or we can provide a single bed, mattress, chair, table and bedside table (included in the rate).

Ander
Motorhuis – R 587.00 per maand
Respytsorg – R 550.00 per dag (Buitepersone) R 450.00 per dag (Inwoners)

Etes (Wegneem / Besoekers)
Maandag – Saterdag – R 65.00 per dag (Middag ete), met poeding R 70.00
Sondag – R 75.00 (Middag ete)

Other
Garage – R 587.00 per month
Respite Care – R 550.00 per day (non-residents) R 450.00 per day (residents)

Meals (Takeaway / Visitors)
Monday – Saturday – R 65.00 per day (Lunch), with pudding R 70.00
Sunday – R 75.00 (Lunch)

Aansoek Vorms / Application Forms

Indien die aansoekvorm korrek en volledig ingevul word, sal baie tyd en moeite gespaar word.

If the application form is filled out correctly and complete, it ensures a fast and efficient process.

Die vorms word na voltooiing na Departement Maatskaplike Ontwikkeling te Caledon gestuur vir keuring, waarna u of op die waglys geplaas of opgeneem word. Indien u navrae het, skakel die kantoor by 028 261 1230 tussen 08:00 en 17:00 weeksdae.

The completed reports are sent to the Department of Social Development in Caledon for approval, after which you are placed on a waiting list or admitted. If you have any enquiries, contact the office at 028 261 1230 between 08:00 and 17:00 weekdays.

Bespreek nou jou verblyf in een van die 50 Badisa-woongeriewe

Besoek ons nuwe aanlyn akkommodasie- en waglysstelsel vir navrae en aansoeke vir verblyf in ons residensiële fasiliteite vir ouer persone en persone met gestremdhede. Dit is maklik om te gebruik, doeltreffend en alle inligting is vertroulik volgens die POPI-wet.

Book now your accommodation in one of the 50 Badisa residential facilities

Visit our new online accommodation and waiting list system for inquiries and applications for accommodation in our residential facilities for older persons and persons with disability. It is easy to use, effective and all information is confidential according to the POPI Act.

Terms of Use



Support

Ons vermoë om ‘n volhoubare diens aan ons kliënte te lewer, is hoogs afhanklik van die ondersteuning van ons skenkers wat hul harte en beursies met dankbaarheid oopmaak vir ander in nood.

Badisa is ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie (NPO 011-891) en ‘n openbare weldaadsorganisasie (PBO 930 006 348), Belasting geregistreer en kan artikel 18(A)-kwitansies uitreik.

Our ability to deliver a sustainable service to our clients is highly dependent on the support of our donors who open their hearts and purses with gratitude to others in need.

Badisa is a registered Non-Profit Organisation (NPO 011-891) and a Public Benefit Organisation (PBO 930 006 348), Tax registered and can issue section 18(A) receipts.

ABSA Bank
Tjek Rekening
Tak Kode: 632 005
Rekening Nommer: 4049683510

Verwysing: Skenking Naam & Van

ABSA Bank
Cheque Account
Branch Code: 632 005
Account Number: 4049683510

Reference: Donation Name & Surname

Maak bydrae van jou keuse Make a contribution of your own choice

Needs / Behoeftes

Daaglikse behoeftes vir toiletware:

Daily needs for toiletries:

Vir 37 persone, dames (27) en mans (10)

Seep
Tandepaste
Tandeborsels
Sjampoe
Hare Opknapper
Skeermesse
Skeerroom
Baba Poeier
Lyfroom
Aquas Room
Rol-aan Onderarm
Onderarm Spuitgoed

For 37 people, ladies (27) and gents (10)

Soap
Toothpaste
Tooth brush
Shampoo
Conditioner
Razors
Shaving Cream
Baby Powder
Body Lotion
Aqua Cream
Roll-on
Deodorant

Toerusting / Ander

Equipment / Other

Ons grootste behoefte tans weens die veroudering van ons inwoners is Mediese Beddens en Mediese Matrasse. Indien u enige kontakte het waarmee ons kan skakel om in aanmerking te kom vir skenkings sal ons dit opreg waardeer. Die paar beddens wat ons tans het, het so verouder en kan nie meer reggemaak word nie.

Our biggest need at this stage is for Medical Beds and Medical Matrassesdue to the aging of our residents. Should you have a contact for us to liaise with for possible donations we will appreciate it. The few beds we currently have are unrepairable due to aging and use.

10 x Hospitaal beddens met mediese matras (+/- R 20,000.00 elk), drie funksie „manuel“ bed moet ook kan hoër en laar gaan, nie net kop en voete.

40 x Vervanging van enkelbed matrasse (+/- R 2,000.00 elk) Tans al baie verouderd en sou graag met mediese matrasse wou vervang om koste besparing mee te bring vir die beskerming van bed natmaak, ens.

40 X Oor bed tafel, verstelbaar / Over bed table, adjustable

80 X Fitted Bedsheet Waterproof (Single Bed)

2 x Stortstoele. Verkieslik met wieletjies

2 X O2 Machine

Waskamer

Laundry

Wasgoedpennetjies
Wasgoedseep (Automaties)

Industriële Tuimeldroër

Clothespins
Laundry soap (Automatic)

Industrial Tumble Dryer

Kombuis

Kitchen

Eetlepels (x70)
Glase (x70)
Sopkoppies (x70)
Soplepels (x70)
Plastiek skottel, groente
Silikonlepels
Kook Potte (Groot)
Muffin Plaatjies
Pirexbakke
Vrieskas en Yskas Klam seël en Antibakteriese verf
Kombuis teels Vloer en Muur
Gas stoof industrieel

Industriële Menger/Voedselverwerker (Kombuis)

Tablespoons (x70)
Glasses (x70)
Soup cups (x70)
Soup spoons (x70)
Plastic dish, vegetables
Silicone spoons
Cooking Pots (Large)
Muffin Plates
Pyrex bowls
Freezer and Fridge Dampseal and Antibacterial Paint
Kitchen tiles Floor and Wall
Gas stove industrial

Huishoudelik

Internal

Naelpolitoer Verwyderaar
Lyfroom
Voetwas (x8)
Naelpolitoer (ligte kleure)
Naelvyltjies (x 8)
Naelknippers (x 8)
Toonnaelknippers (x 8)
Haar borsels (droogblaas) (x 3)
Haardroers (x3)
Haarknipper (x3)

Nail Polish Remover
Body cream
Foot Scrub (x8)
Nail polish (light colors)
Nail files (x8)
Nail clippers (x 8)
Toenail clippers (x 8)
Hair Brushes (Blow Dry) (x3)
Hair dryers (x3)
Hair clipper Barber Clipper (x3)

Projects/Projekte

Ons het tans nie hierdie fondse beskikbaar nie, enige bydrae tot die volgende projekte sal waardeer word.

We currently do not have these funds available, any contribution towards these projects would be appreciated.

Wi-Fi

Ons wil graag vir al ons Inwoners internet verskaf in die Tehuis en Woonstelle sodat hulle nie nodig het om data aankope te doen om met hulle families te kommunikeer nie. Ook wanneer die selfoon netwerke af is kan hulle nogsteeds kommunikeer. Om dit moontlik te maak moet ons die volgende toerusting installeer.

We would like to provide internet access to all our Residents in the Tehuis en Flats so that they do not need to purchase data in order to communicate with their families. It will also allow them to continue communicating when mobile phone networks are down. To make this possible, we need to install the following equipment.

5 x Ubiquiti U7 Lite @ R 11 875.00 ex
1 x UniFi Cloud Gateway @ R 2 025.00 ex
1 x 16 Port PoE switch @ R 2 025.00 ex
1 x 4U Kabinet @ R 1 285.00 ex
5 x Netwerkpunte (< 50m) @ R 4 250.00 ex
Installasie koste/Installation costs
8 x Arbeid (Ure) @ R 4 400.00 ex
1 x Reis (55km) @ R 1 375.00 ex
Totaal/Total R 27,235.00 + R 4,085.25 (BTW/VAT) = R 31,320.25

Kringtelevisiekameras / CCTV

Ons het tans ‘n sestienkanaalstelsel en moet opgradeer na ‘n twee-en-dertigkanaalstelsel sodat ons bykomende kringtelevisiekameras kan byvoeg om die buitekant van ons fasiliteit te monitor om die veiligheid van ons inwoners te verbeter. Weens die verandering in tegnologie sal ons van ons bestaande kameras ook moet vervang. Gebaseer op kwotasies wat ontvang is, kan die koste om dit te doen in die omgewing van R 143,265.85 of meer wees.

We currently have a sixteen-channel system and are in need to upgrade to a thirty-two-channel system so that we can add additional CCTV cameras to monitor the outside perimeter of our facility to better the security of our residents. Due to the change in technology, we would need to replace some of our existing cameras as well. Based on quotations received the cost of doing so could be in the region of R 143,265.85 or more.

Toerusting Koste / Equipment Cost

  • 16 x UNV 4MP ColorHunter Owlview Fixed Bullet Kameras @ R 28 800.00 ex
  • 1 x UNV Prime Series 32ch NVR @ R 3 500.00 ex
  • 1 x 4U Kabinet (Cabinet) @ R 1 285.00 ex
  • 2 x 4TB Harde skywe (7 dae rugsteun) @ R 5 000.00 ex
  • 1 x 16-Poort PoE Skakelaar (Switch) @ R 2 025.00 ex
  • 3 x 8-Poort PoE Skakelaar (Switches) @ R 1 100.00 ex
  • 16 x Netwerkpunte @ R 13 600.00 ex

Installasie Koste / Installation Costs

  • 1 x Reis (55km) @ R 1 375.00 ex
  • 1 x 32” Mecer Skerm (Panel) @ R 3 900.00 ex
  • 1 x 32” Muurmontering (Bracket) & HDMI-kabel @ R 1 500.00 ex

Totaal/Total: R 62,085.00 + R 9,312.75 (BTW/VAT) = R 71,397.75

Viniel Vloere / Vinyl Flooring

Ons het 35 kamers waarvan 5 dubbelkamers is. Hierdie kamers het die ou blokteëls (skool). Ons kwotasies die kamers se vloere oor te doen met deZign SERIES 200+ Caffe Latte (DD107) Viniel teen ‘n koste van R 261,199.00. Dit sal baie meer higiënies wees om te onderhou en skoon te maak.

Verskaf en installeer Dezign 200 “Cafe Late” viniel:
1) Slaapkamers A (9 kamers) (33 bokse)(110.385m²) – R 43,345.00 Voorbereidings- en smeer vloere met ITE F10 – R 19,194.00 (R 62,539)
2) Slaapkamers B (10 kamers) (46 bokse)(153.87m²) – R 60,408.00 – Voorbereiding en smeer vloere met ITE F10 – R 25,834.00 (R 86,242)
3) Slaapkamers C (8 kamers) (30 bokse)(100.35m²) – R 38,386.00 – Voorbereiding en smeer vloere met ITE F10 – R 17,823.00 (R 56,209)
4) Slaapkamers D+E (8 kamers) (30 bokse)(100.35m²) – R 38,386.00 – Voorbereiding en smeer vloere met ITE F10 – R 17,823.00. (R 56,209)

We have 35 rooms of which 5 are double rooms. These rooms have the old block tiles (school). The quotations to redo the room floors with deZign SERIES 200+ Caffe Latte (DD107) Vinyl are R 261,199.01. This will be much more hygienic to maintain and clean.

Supply and install Dezign 200 “Cafe Late” vinyl:
1) Bedrooms D+E (9 rooms) (33 boxes) (110.385m²) – R 43,345.00. Prep and screed floors with ITE F10 – R 19,194.00 (R 62,539)
2) Bedrooms C (10 rooms) (46 boxes) (153.87m²) – R 60,408.00 – Prep and screed floors with ITE F10 – R 25,834.00 (R 86,242)
3) Bedrooms A (8 rooms) (30 boxes) (100.35m²) – R 38,386.00 – Prep and screed floors with ITE F10 – R 17,823.00 (R 56,209)
4) Bedrooms B (8 rooms) (30 boxes) (100.35m²) – R 38,386.00 – Prep and screed floors with ITE F10 – R 17,823.00 (R 56,209)

Dak / Roof

Ons dak moet geseël en geverf word of ons moet die dak in totaal vervang.

Net die arbeid koste om die dakke van ou en nuwe deel te verf beloop +/-R 70,700.00

Materiaal koste beloop +/-R 42,796.53

ROOFGUARD STANDARD COLOUR 20L 21
GALVANISED IRON PRIMER 5L 6
GALVANISED IRON CLEANER 5L 6

Our roof needs to be Sealed and Painted or we need to replacement the roof in total.

Just the labor cost to paint the roofs of old and new part amounts to +/-R 70,700.00

Material costs amounts to +/-R 42,796.53

ROOFGUARD STANDARD COLOUR 20L 21
GALVANISED IRON PRIMER 5L 6
GALVANISED IRON CLEANER 5L 6

Verf / Paint

Ons benodig om die buite- en binnemure en vensters te verf van ons fasiliteit; ons is besig om kwotasies te bekom om ‘n aanduiding van koste te verskaf.

Net die arbeid koste om die buitekant van ons woonstelle te verf beloop +/-R 15,000.00

Nuwe woonstelle agter, alles buite sonder dak R 34,250.00
DAMPSHIELD 20L x 2
RAINSHIELD WHITE 20L x 3
WALLCLAD PASTEL BASE /WHITE 20L x 3
BONDING LIQUID 20L x 2
65 MATT WHITE 20L x 1
PINK WOOD PRIMER 5L x 1
UNIVERSAL UNDERCOAT 20L x 1
PEARGLO WATERBASED ENAMEL WHITE 5L x 4
PRIMER FOR STEEL 5L x 2

Our facility is in need to paint the outside and interior walls and windows; we are in process of obtaining quotations to provide an indication of costs.

Just the labor cost to paint the outside of our flats amounts to +/-R 15,000.00

New flats behind, all outside without roof R 34,250.00

DAMPSHIELD 20L x 2
RAINSHIELD WHITE 20L x 3
WALLCLAD PASTEL BASE /WHITE 20L x 3
BONDING LIQUID 20L x 2
65 MATT WHITE 20L x 5
PINK WOOD PRIMER 5L x 1
UNIVERSAL UNDERCOAT 20L x 1
PEARGLO WATERBASED ENAMEL WHITE 5L x 4
PRIMER FOR STEEL 5L x 2

Heining / Fence

Aan die agterkant van ons fasiliteit moet ons die eiendom omhein om ‘n verhoging in veiligheid vir ons inwoners te verseker. Daar is twee afdelings, A – Oop erf moontlike koste R 250 923,94 en B – Motorhuise/Parkeer en agteringang moontlike koste R 174 831,28. Kwotasies verkry om hierdie gedeeltes met SMART FENCE 50 en gemotoriseerde hekke toe te maak beloop R 425 755,22.

At the back of our facility, we need to enclose the property to ensure an increase in safety for our residents. There are two sections, A – Open plot possible costs R 250,923.94 and B – Garages/Parking and back entrance possible costs R 174,831.28. Quotations obtained to enclose these sections with SMART FENCE 50 and motorized gates were R 425,755.22.

Noodkamer / Emergency Room

Omdat ons nie ‘n mediese fasiliteit in Riviersonderend het nie (slegs die plaaslike Kliniek), wil Overberg Tehuis graag ‘n volledig toegeruste noodkamer inrig om ons eie inwoners sowel as inwoners van Riviersonderend wat tydelike mediese sorg benodig te ondersteun tot tyd en wyl hulle na die naaste hospitaal vervoer kan word. Die befondsing sal ons ook in staat stel om opgeleide mediese personeel (Verpleegsters) in diens te neem wat 24/7 kan help.

Because we do not have a medical facility in Riviersonderend (only the local Clinic), Overberg Tehuis would like to put up a fully equipped emergency room to support our own residents as well as residents of Riviersonderend that are in need of temporary medical care until such time they can be transported to the nearest hospital. With this funding to enable us to employ trained medical staff (Nurses) that can assist on a 24/7 basis.

Barmhartigheid / Mercy

Borg van ‘n persoon wat SASSA kry en Staatstoelaag en geen ander bydrae kan maak nie.
Maandelikse koste beloop R 11,550.00 per persoon vanaf 1 April 2026 – 31 Maart 2027.
– SASSA R 2 320,00 – 10% (R 232,00 – Sakgeld) = R 2 088,00 vir losies, plus Staatsubsudie van R 4 000,00 gee ’n bydrae van R 6 088,00 wat ‘n maandelikse tekort meebring van R 5 462,00 per persoon.
– Die Tehuis het 22 Subsidie gevalle waarvan daar op die oomblik 9 gevalle is wat geen ander bydrae maak nie en 5 wat net gedeeltelike bydrae maak. Ander 9 se familie/vriende maak die bydrae om die verskil op te maak.

Sponsor of a person who receives SASSA and is unable to make any other contribution.

  • Monthly costs amount to R 11,550.00 per person from 1 April 2026 – 31 March 2027.
  • SASSA R 2 320.00 – 10% (R 232.00 – Pocket money) = R 2 088.00 for accommodation, plus Government subsidy of R 4 000.00 gives a contribution of R 6 088.00 which results in a monthly deficit of R 5 462.00 per person.
  • The Home has 22 Subsidy cases of which there are currently 9 cases that make no other contribution and 5 that only make a partial contribution. The other 9 have their family/friends contributing to make up the difference.

Terms of Use



Scroll to Top